6 dae gelede
Staat gee nog lockdown-reëls
sandf
Lede van die SANDF sal vir die duur van die lockdown ontplooi word om ondersteuning te bied aan die polisie en ander wetstoepassingsagentskappe  ~ eNCA

BLY in jou huis, die land is onder lockdown.

“Ons is nou in ’n fase waar ons regte beperk is,” sê Ronald Lamola, minister van justisie en grondwetlike sake.

Hoewel die howe oop bly, sal geen verhoorafwagtendes daarheen vervoer word nie.

Bheki Cele, polisieminister, sê: “Jy mag nie gaan draf of jou hond vir ’n walk vat nie.

“Eetplekke is ook gesluit. Gaan koop jou kos en kook dit by die huis.”

Alkohol sal ook nie gekoop kan word of van punt A na punt B vervoer mag word nie.

Cele sê: “Die eenhede vir vroue- en kindermishandeling sal increase. Bel net 0800 150 150 en die polisie sal reageer.”

Volgens Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, sal net geboorte- en- doodsertifikate en tydelike ID’s in dié tyd uitgereik word.

Intussen sê die minister van vervoer, Fikile Mbalula: “Die treindienste van Metrorail en die Gautrain is ook opgeskort.”

Taxi’s mag net werkers van noodsaaklike dienste vervoer.

Sanitise

“Dít mag ook net van 05:00 tot 09:00 en dan weer van 16:00 tot 20:00 wees.

“Hulle moet ook social distancing handhaaf en ná elke trip sanitise. Taxi ranks moet ook gesanitise word. Metertaxi’s en dié van dienste soos Bolt en Uber moet ook ná elke trip gesanitise word.”

Mbalula sê: As jou rybewys in dié tyd verval, sal dit geldig beskou word, met ’n tydperk van grasie om dit binne 14 werkdae daarna te hernu.

DIe minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel, het ook aangekondig alle maatskappye wat as noodsaaklik beskou word, moet permitte aan hulle werkers verskaf.

 

Vir die volledige stel reëls klik hier: Lockdown Regulasies

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters