Verlede maand
Spys en drank kan weer geniet word
covid19,cyril ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa sê dit is steeds verpligtend vir almal om 'n masker in die publiek te dra.  ~ 

DAAR was die afgelope week 20% minder Covid-19 infeksies.

Die goeie nuus beteken spys en drank kan nou weer by publieke plekke geniet word.

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand aangekondig dat die land met onmiddelikke effek na vlak-3 skuif.

"Die algehele daling in infeksies beteken regulasies kan ook verlig word." 

Drank verkope sal toegelaat word tussen 10:00 en 18:00 van Maandae tot Donderdae. Drankverkope om by instellings soos eetplekke, shebeens en taverns te geniet mag slegs tot 20:00 verkoop word.

"Die curfew skuif van 22:00 tot 04:00.

"Restaurante, kroeë, fiksheidsentrums en ander instellings moet om 21:00 sluit. Dit is om personeel toe te laat om voor die curfew by die huis te wees." 

Ramaphosa het ook aangekondig dat byeenkomste, wat insluit sosiale, geestelike en politieke-byeenkomste weer toegelat word.

"Byeenkomste word egter beperk tot 50 persone vir binne en 100 persone vir buite byeenkomste. 

"Waar plekke te klein is mag daar nie persone meer as 50% van die toegelate kapasiteit van die venue wees nie.

"Slegs 50 persone mag 'n begrafnis bywoon met nagwake en after-tears wat nog verbode is." 

Volgens die staatshoof is daar aansienlike verskille tussen provinsies. 

"Terwyl daar 'n daling in gevalle in Gauteng is, is daar 'n toename in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.

"Binnenhuise-byeenkomste toon die grootste oorsaak van infeksies en die verspreiding daarvan te wees. Veral waar swak ventilasie is.

Ramaphosa voeg by dit is belangrik dat gesondheidsprotokolle steeds gehoorsaam word.

"Dit is steeds verpligtend om 'n masker in die publiek te dra." 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters