6 maande gelede
Só ontvou krisis wat alles knou
virus
File photo/CDC  ~ 

DIE nuwe corona-virus en die siekte wat dit veroorsaak, is vir die afsienbare toekoms on­omwonde deel van ons bestaan.

Dit saai wêreldwyd paniek, want daar is nog nie ’n cure daarvoor of ’n inenting daarteen nie.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) het die virus tot ’n globale pandemie verklaar.

Teen gister het meer as 12 000 mense al daaraan gesterf.

Wêreldwyd is rondom 300 000 mense positief getoets en meer as 93 000 pasiënte het al herstel.

Die syfers bly styg. Meer as 160 lande wêreldwyd word al geraak.

Ook Suid-Afrika is getref. Teen gister was daar al meer as 240 gevalle, maar geen bevestigde sterftes nie.

Maar waar het dit alles begin? Kom ons kyk na die timeline.

Verlam

Volgens pharmaceutical-technology.com rapporteer die Chinese owerhede op 31 Desember aan die WHO sekere pasiënte in die stad Wuhan het simptome soortgelyk aan dié van griep.

Wuhan is die hoofstad van dié sentrale Chinese provinsie Hubei. Dit het 11 miljoen inwoners.

Die aankondiging kom aan die vooraand van die Chinese Nuwejaar. Dit verlam die hele China in ’n panic.

Die pasiënte word onder kwarantyn geplaas sodat die owerhede die bron van die “griep” kan trace.

Op 1 Januarie identifiseer die US Centers for Disease Control and Prevention ’n seekosmark in die stad as die moontlike bron van die uitbreking. Die mark is steeds gesluit.

Op 3 Januarie word passasiers op die Wuhan-lughawe gescreen, maar toe is die spreekwoordelike perd al by die deur uit.

Op 5 Januarie raai die WHO aan dat daar travel en trade restrictions van en na China moet wees.

Op 7 Januarie “doop” die Chinese die virus. Op 11 Januarie sterf ’n Chinese man (61) in Wuhan. Op 17 Januarie sterf nog een (69).

Talle lughawens in verskeie lande begin op 20 Januarie passasiers screen vir simptome. Suid-Korea kondig sy eerste geval aan.

Op 21 Januarie maak die VSA bekend hy het sy eerste geval.

Op 22 Januarie is daar meer as 500 positiewe gevalle wêreldwyd en is 17 mense reeds dood.

Die WHO verklaar dit ook tot internasionale health emergency. Die volgende dag stel China travel bans in. Op 25 Januarie meld Kanada en Nepal hulle eerste gevalle aan.

In Wuhan styg die dodetal tot 81. Talle lande bekyk planne om hulle burgers uit die stad te repatrieer.

Spring

Op 28 Januarie rapporteer Duitsland, Japan en Taiwan die eerste gevalle van domestic transmission.

Op 31 Januarie verklaar die WHO die situasie tot ’n global emergency en Brittanje rapporteer sy eerste gevalle. Die dodetal styg tot 213.

Die volgende dag spring dit tot 259. En die dag daarna tot 305 wêreldwyd.

Maleisië en België kondig hulle eerste gevalle op 4 Februarie aan.

Op 7 Februarie staan die dodetal op 638 en oor die wêreld heen het meer as 31 000 die siekte.

Op 11 Februarie verklaar die WHO die nuwe virus (SARS-CoV-2) veroorsaak coronavirus disease, oftewel Covid-19.

Op 14 Februarie kanselleer Facebook en IBM hulle planne vir ’n konferensie. Dit word ’n trend om alle massa-byeenkomste te kanselleer, postpone of te verbied.

Op 21 Februarie meld Italië sy eerste geval aan, en die volgende dag sy eerste sterfte. Iran kondig twee sterftes aan.

Ná China is dié twee van die lande wat die hardste getref is wat getal pasiënte en sterftes betref.

Ramp

Op 25 Februarie staan die dodetal by 2 700. Drie dae later staan dit by meer as 2 850 wêreldwyd.

Op 3 Maart staan dit by meer as 3 100, maar China toon ’n afname.

Op 5 Maart kondig ons minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, ons eerste positiewe geval aan. Die pasiënt was op besoek in Italië.

En op 15 Maart verklaar pres. Cyril Ramaphosa die situasie tot ’n nasionale ramp. Vandeesweek het die parlement ook voorlopig gesluit. 

KRY HIER MEER INFO

OM DIE korrekte inligting oor die virus te kry, is hier ’n lys nommers om te kontak en websites om te besoek:

Belangrike kontaknommers:

  • • Amptelike tolvrye inbelsentrum – 0800 029 999
  • • Hotline vir klinici – 082 883 9920
  • • Provinsiale hotline – 021 928 4102
  • • Amptelike WhatsApp-hulpdiens – Stuur ’n “Hi” aan 0600 123 456
  • • Departement van gesondheid se e-posadres – doh.­dismed@westerncape.gov.za

Alle lyne is 24/7 oop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters