3 maande gelede
Smous sterf aan Covid-19
Oorlede: Achmat Davids se dood het sy familie hard geslaan. Foto: Tracy-Lynn Ruiters  ~ 

MET sy groot hart het hy elke dag onder die lockdown die pad aangedurf om seker te maak hy laai groente by mense se huise af.

Achmat Davids (74) het sy eie gesondheid en sy familie s’n op die spel geplaas om sy gemeenskap te dien. Toe sterf hy Donderdag aan Covid-19.

Sy vrou, Gaironiesa, (73), is ook later met die virus in die hospitaal opgeneem waar sy tans aansterk.

Sy weet egter nog nie van haar man se dood nie.

Achmat, wat vir jare as ’n broker in sy tuisdorp, Mitchells Plain, gewerk het, het laas Woensdag skielik siek geword, het sy dogter Ashia gesê.

Sy vertel: “Ons weet nie regtig wanneer hy begin siek word het nie, want hy het nie vir enigeen gesê tot laas Woensdagoggend (20 Mei) nie.

“Maar ons vermoed hy was al ’n hele ruk siek.

“My ma en pa is albei met die ambulans na die Mitchells Plain-distrikshospitaal geneem in plaas van die Melomed privaat hospitaal.

“Daar het hulle heelnag gesit sonder enige hulp.

“Een van die ander kinders het toe die noodgevalle-eenheid geskakel om hulle in te lig en hulle is toe ondersoek.

“Die dokter het aanbeveel dat my pa in die hospitaal bly.

Hy het vermoed dat my ma net ’n borsinfeksie het en sy is huis toe gestuur.”

Volgens Ashia het die dokter toe haar pa vir Covid-19 getoets en die uitslag was positief.

“Hy is ook onmiddellik aan ’n asemhalingsmasjien gekoppel,” het Ashia gesê.

Sy vertel verder: “Hy het toe reeds erg gesukkel, want die virus het sy longe aangeval. ’n Week later het hy aan die virus gesterf.

“Die familie was platgeslaan, maar ook voorbereid op die ergste.”

Ashia sê hulle sal altyd haar pa onthou as ’n man wat baie lief was vir sy gemeenskap.

Sy beskryf hom: “Hy het baie omgegee en was altyd daar vir sy gemeenskap.

“Almal het hom geken. Hy het altyd mense laat lag en dit is hoe ons hom geken het.”

Ashia waarsku dat dit tyd is vir mense om te besef dat Covid-19 ’n realiteit is. 

gesukkel: Só het Son berig oor die plight van brokers, soos vertel deur Achmat Davids.

Bedank

Sy sê hulle sou nooit kon dink een van hul eie sou daaraan sterf nie.

Ashia sê sy wil baie graag ál haar pa se klante bedank vir hul gebede in hierdie moeilike tyd.

Son het, toe die lockdown begin het, berig oor Davids, wat concerned was oor smouse wat gaan swaarkry as hulle nie toegelaat word om besigheid te doen nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters