20 dae gelede
Skuif land na vlak-2, sê kenner
Prof. Salim Abdool Karim  ~ City Press

DIE land moet voor Paasfees terug na vlak-2 skuif, sê prof. Salim Abdool Karim, medevoorsitter van die ministeriële advieskomitee.

Karim het Woensdag aan TimesLive gesê hy is "diep bekommerd" oor byeenkomste regoor alle geloofsgroepe.

News24 het ook vroeër berig die nasionale bevelsraad het laas week voorgestel om byeenkomste tot 50 mense te beperk, weer die curfew van 22:00 terug te bring en ook om drankverkope net van Maandag tot Donderdag toe te laat.

Luidens News24 se berig vergader die bevelsraad Donderdag.

Karim is van mening dat die land na 'n hoër inperkingsvlak moet gaan en verdere beperkings instel om superverspreidergeleenthede te voorkom.

"Ek weet nie of ons 'n derde vlaag na Paasfees gaan het nie, maar ek wil nie wag om uit te vind nie. Ek sal liewer voorsorg tref en die kanse van 'n derde vlaag verminder," het hy aan TimesLive gesê.

Karim sê dié keer moet die risiko van superverspreidergeleenthede verminder word.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters