Verlede maand
Sielkundige sê algemene angs heers tans by ouers én kinders
VRESE: Suster Magda Kleyn sê kinders is bang vir die virus.  ~ Jonathan Lestrade

ALMAL het vrese oor die corona-virus.

Só meen ST Potgieter, ’n bekende sielkundige van Bellville.

Potgieter is uitgevra oor wat ouers te doen staan as hul kinders bang is ma of pa gaan weens die virus sterf.

Hierdie vraag het gekom nadat suster Magda Kleyn, hoof van die Tehillah Rehabilitasiesentrum, gesê het kinders is bang hulle ouers gaan sterf.

Potgieter meen grootmense en kinders is ewe bang.

“Kinders is bang hulle ouers gaan werk toe en kry die virus.

“Ouers is bang hulle kinders gaan die virus by die skool optel. Daar is ’n algemene angs of vrees by almal.”

Kleyn sê kinders sien op TV hoe hulle die hospitaalbeddens wys. As hulle nurses sien, hardloop hulle weg en sê: “Hier kom die corona-virus.”

Sy sê selfs sy wat Magda Kleyn is en vir niks skrik nie, is dan bang.

Bystand

“As jy hoes, is jy bang en jy wonder jy of jy die virus het.

“Gelukkig doen die departement van gesondheid goeie werk en ’n mens kan hulle bel vir hulp en bystand,” meen Kleyn.

Sy vra egter waar die sielkundiges is om die kinders te help.

Potgieter sê ouers moet vir hulle kinders sê hulle tref voorsorg deur hande te was en maskers te dra.

“Sê ook vir jou kinders ás jy die virus kry, sal jy onmiddellik gaan vir hulp.

“Sê verder vir jou kinders baie mense herstel van die virus. Dis nie almal wat sterf nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters