29 dae gelede
Sewe gevalle na paartie nog aktief
SAMPLE: Die koeriermaatskappy lewer nou nie meer dienste vir die NHLS nie.  ~ Foto ter illustrasie: Gallo iStock

SLEGS sewe gevalle was laat hierdie week nog aktief, na die onlangse superverspreider van die corona-virus in die suidelike voorstede van Kaapstad waar 113 mense positief getoets het vir Covid-19.

Die skielike nuwe uitbreek in die subdistrik is deur dokters opgelet, wie deel uitmaak van die Covid-19 monitor en reaksie-netwerk.

Baie van die mense wie in die superverspreider geidentifiseer is het onlangs 'n partytjie by die Tin Roof-bar bygewoon of was kontakte van persone wie daar was.

Die ondersoekverslag oor die uitbreek is nog nie bekend nie.

News24 berig wel dat die eienaar van die kroeg beweer alle Covid-19 protokol word gevolg en dat daar ook ander private partytjies was.

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, het Donderdag gesê: "Tien ander plekke word ook ondersoek met die uitbreek en of hulle aan Covid-19-regulasies en drankwette voldoen."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters