Verlede maand
Ses Afrika-lande is nog virus-vry
Artistic 3D illustration of the coronavirus
Ses lande in Afrika is nog virus-vry.  ~ iStock

IN AFRIKA is die gesondheidsdienste in die meeste lande óf pateties en wankelrig óf non-existent.

Die ironie is dat daar nog ses lande in Afrika is wat die virus sover vryspring.

Luidens africanews. com het Lesotho, die Comore, Suid-Soedan, Burundi, São Tomé en Príncipe, en Malawi sover nog nie bevestigde gevalle nie.

Volgens die nuutste data van die Africa Centre for Disease Control bly die stats vloeibaar omdat lande nuwe gevalle aanmeld soos wat dit voorkom.

Besmet

Die vasteland is in verskillende blokke ingedeel: Oos-, Wes-, Sentraal-, Suider- en Noord-Afrika.

In die streek van Noord-Afrika is ál die lande besmet.

In Wes-Afrika was Sierra Leone die laaste land wat tot gister nog virus-vry was.

In Sentraal-Afrika is die eilandstaat São Tomé en Príncipe nog virus-vry.

In Suider-Afrika is Malawi, die Comore en Lesotho nog onbesmet. Botswana het Maandag sy eerste gevalle aangemeld.

In Oos-Afrika is Burundi en Suid-Soedan steeds virus-vry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters