4 dae gelede
'Sektor sal nie nog ’n inperking oorleef'
Diedranksektor waarsku teen nog 'n harde lockdown gedurende die feestyd.  ~ Gallo iStock

DIE dranksektor maan teen 'n harde oor die feestyd.

Die biervereniging van Suid-Afrika (BASA) en nasionale drankhandelaars (NLT) sê nog 'n harde inperking op die bedryf voor die feestyd sal die finale spyker in die doodskis wees.

JacarandaFM berig dat volgens die twee verenigings sal nog 'n verbod 'n negatiewe impak hê op die pogings om die sektor te herstel.

Basa en die NTL het albei die aangepaste vlak-2 regulasies verwelkom.

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand aangekondig dat drankverkope nou ook op Vrydae toegelaat word.

Lucky Ntimane, sameroeper van die NLT, sê die president het 'n geleentheid gemis om die land op 'n pad van ekonomiese herstel te plaas.

"Ons is verlig dat die Covid-19-infeksiekoers afneem. Die kenners blyk eens te wees dat die vierde vlaag onvermydelik is, dit beteken dat die tempo van inentings moet toeneem."

Die NLT het 'n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om so gou moontlik te gaan vir die jab en te help om uit die pandemie te kom.

Patricia Pillay, hoofbestuurder van Basa, sê nog 'n alkoholverbod sal die einde wees van enige herstel van die sektor.

Basa reken nog 'n drankverbod tydens 'n vierde vlaag sal enige herstel in die sektor uitwis. - JacarandaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters