4 maande gelede
Sassa het nie noodplanne nie
LANG RYE: Mense wag voor die Sassa kantore.  ~ Jonathan Lestrade

SASSA se wêreld is soos vir talle ander in 2020 in wanorde gegooi met Covid-19 en meer spesifiek vlak-5 lockdown.

So sê Bandile Maqetuka, hoof van Sassa in die Wes-Kaap, aan die maatskaplike ontwikkelingskomitee van die Wes-Kaapse parlement, waar hy gepraat het oor die verval van die tydelike ongeskiktheidstoelae; heraansoeke en ingrypings deur Sassa.

"Die lockdown het 'n reuse impak gehad op die implementering van die prioriteite van ons aanvanklike plan."

Maqetuka het ook verduidelik dat begunstigdes wie met die heraansoeke geraak is, is per brief ingelig. Daar was ook SMSe gestuur en sosiale media is ook aangewend.

"Daar is ook aanlynaansoeke beskikbaar, sodat mense nie in langrye by Sassa-kantore staan nie.

Wendy Philander, lid van die wetgewer, sê wat aan die komitee genoem word is nie dit wat op die grond gebeur nie.

"Indien begunstigdes kennis ontvang het kan ek voor my lewe nie dink waarom mense na Sassa-kantore sal stroom en hul lewe in gevaar stel.

"Wat aanlynaansoeke betref as iemand nie geld het vir brood of taxi nie, hoe op aarde verwag ons dat die begunstigdes dan nog aanlyn moet aansoek doen.

"Daar is begunstigdes wie sonder geld en 'n inkomste nou sit." 

'n Duidelik gefrustreerde Philander het aan Sassa genoem dat daar duidelik geen noodplanne was nie.

"Nie Sassa of die departement het sekerlik eers in Januarie besef nie dat daar probleme gaan wees nie. So waarom was daar geen noodplan in plek nie," vra sy.

Philander wou ook weet of Maqetuka die komitee mislei het. "Dit is 'n ernstige bekommernis dat wat op papier staan nie is wat buite gebeur nie." 

Sy voeg by: "Ons sien hoe mense sterf. As Covid ons nie doodmaak nie, sal Sassa."

Intussen sê Zahid Badroodien, mayco-lid vir gemeenskapsdienste en gesondheid van die Stad Kaapstad, Sassa het fasiliteite van die stad van November 2020 tot Maart 2021 bespreek. "In e-pos bevestiging verkies Sassa egter om dit nie te gebruik nie."

Hy noem dat die stad en Sassa die afgelope week hul bepskrekings hersien en afgehandel het.

As deel van die twee se beprekings het die stad ook 'n kontakpersoon aangestel, wat alle Sassa-verwante aangeleenthede sal hanteer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters