28 dae gelede
SAPHRA wil voortgaan met J&J-entstof
Covid-19-entstof
Sahpra, die Suid-Afrikaanse produkte-reguleringsoutoriteit, vra daar moet voortgegaan word met die roll out van die Johnson & Jonhnson-entstof.  ~ Verskaf

SAPHRA, die Suid-Afrikaanse produkte-reguleringsowerheid, vra dat die tydelike opskorting van die Johnson & Jonhnson-entstof gelig moet word.

Die implementeringstudie, wat die entstof aan gesondheidswerkers voorsien het, is uit oorversigtigheid vier dae gelede in Amerika deur die US Food and Drug Association (FDA) en die Centers for Disease Control and Prevention (CDC), op ys geplaas 

Dit kom nadat ses Amerikaanse vroue bloedklonte ontwikkel, het ná hulle die Johnson & Johnson-entstof ingeneem het. Meer as ses miljoen Amerikaners het alreeds die J&J-entstof gekry.

In Suid-Afrika sê dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, hoewel daar geen bloedklont-voorvalle in Suid-Afrika aangekondig is nie, is die Sisonke-studie op ys as ’n voorkomingsmaatreël. Hy het bygevoeg dat ’n besluit oor die entstof binne ’n paar dae gemaak sou word.

Saphra het Saterdagaand in ’n verklaring gesê daar moet met die studie voortgegaan word. Volgens dié reguleringsowerheid voldoen die studie aan spesifieke voorwaardes. Die voorwaardes sluit in versterking, screening en hulle gaan ontvangers van die entstof monitor wat ’n hoe risiko loop om bloedklonte te ontwikkel. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters