2 maande gelede
Samples by N2 gevaar vir publiek
NIE BE√ŹNDRUK: Premier Oscar Mabuyane veroordeel die dumping van die Covid samples ten sterkste.  ~ Netwerk24

DIE Covid-19-toetsmonsters wat langs die besige N2-snelweg in die Oos-Kaap gevind is, kon mense aangesteek het.

Só sê die provinsiale departement van gesondheid se superintendent-generaal, dr. Thobile Mbengashe.

Mbengashe se uitlating volg nadat eNCA Maandag berig het oor die samples waarop ’n besorgde drawwer afgekom het.

Die samples het van die NHLS in King William’s Town gekom en was veronderstel om per koerier onderweg te wees na ’n ander fasiliteit van die NHLS in die Baai.

Mbenhashe sê: “Die samples wat langs die N2 gevind is, word bio­hazards genoem.

“Dit beteken dat dit ’n infeksie kan versprei na mense wat daarmee in kontak kom.

“Hierdie voorval ondermyn die regering se pogings om die corona-virus te beveg.”

Mbengashe sê hy wil die publiek verseker dat so ’n ongelukkige voorval nooit weer sal voorkom nie.

Hy sê die NHLS gaan die kwaliteit van die samples evalueer en indien nodig, sal die eienaars van die toetse gevra word om dit oor te doen.

Tabita Makula, die NHLS se streeksbestuurder, sê hulle het altesaam 80 samples langs die N2 opgetel.

Oscar Mabuyane, die Oos-Kaapse premier, het die provinsie se inwoners namens sy regering verskoning gevra vir die gevaarlike flater.

Hy het die voorval skerp veroordeel en beskuldig die betrokke koeriermaatskappy van onverskilligheid.

“Ons gaan effektief optree in hierdie verband, want dié voorval is ’n belediging en stel die regering in ’n slegte lig.

“Dit laat dit lyk asof ons nie omgee nie,” het Mabuyane gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters