14 dae gelede
SAMA vra strenger curfew
VOORBEREIDING: SAMA verduidelik dat die moegheid van Covid-19, veral onder jonger mense, ook die toename in gevalle tydens die derde golf kan versnel  ~ Peter Abrahams

DIE Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMA) het vir strenger sluitingsregulasies gevra en gesê ‘n vroeër inkloktyd, veral oor naweke, is nodig.

Pres. Cyril Ramaphosa het die land Sondag na die aangepaste beperkings op vlak 2 geskuif met 'n vroeër inkloktyd van 23:00. 

Ramaphosa het ook voorgeskryf dat binne-byeenkomste na 100 mense verminder word en buite-beenkomste na 250. 

Dr. Angelique Coetzee, voorsitter van SAMA, sê: "Ons verwelkom ook die beperking op die aantal mense by geleenthede: 100 binneshuis en 250 buite huis.

"Hoewel dit in die regte rigting beweeg, is dit nie genoeg nie en moet daar strenger maatreëls ingestel word, veral vir binnenshuise byeenkomste met swak ventilasie."

Die aangepaste vlak 2-regulasies is ook deur opposisiepartye gekritiseer.

Coetzee het bygevoeg dat die frustrasie van Covid-19, veral onder jonger mense, ook die toename in gevalle tydens die derde golf kan versnel.

"Ons kan ons nie mislei met die vals gevoel van veiligheid rondom Covid-19 nie.

"Dit is nog steeds daar en is steeds 'n bedreiging vir baie mense. Ons moet eenvoudig sorg dat ons die beste doen om die verspreiding van die siekte te beperk." - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters