12 dae gelede
SA stel entstofsertifikaat bekend
South African Covid-19 Vaccine Certificate System
So kan die entstofsertifikaat moontlik lyk.  ~ Argief

DIE departement van gesondheid het Dinsdag die entstofsertifikaat bekendgestel.

Die bekendstelling daarvan kom nadat pres. Cyril Ramaphosa onlangs die land na vlak-1 geskuif het.

In sy toespraak het hy gesê die sertifikaat kan gebruik word vir reisdoeleindes en om toegang by samekomste of ander vorme van aktiwiteite te kry.

'n Digitale weergawe van die sertifikaat kan nou as PDF op 'n selfoon of ander mobiele toestel gedownload word.

Diegene wat ten volle ingeënt is sal gevra word om 'n vorm aanlyn te voltooi. Sodra die vorm voltooi is moet gebruikers hul selfoonnommers gee waarna 'n one time pin (OTP) daarheen gestuur sal word.

Die OTP word dan gebruik om die res van die vorm te voltooi. - Business Insider South Africa


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters