3 dae gelede
SA se rampstatus het geen einddatum
cyril ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa  ~ GCIS

SUID-AFRIKA se nasionale rampstatus het nog geen einddatum nie.

Pres. Cyril Ramaphosa sê die rampstatus sal nie meer nodig wees nie wanneer regulerende maatreëls vir die Covid-19-reaksie in plek is.

Ramaphosa het op 'n parlementêre vraag van die DA se John Steenhuisen reageer.

Hy noem dat die maatreëls moet infasseer word in regeringsbeleide- en regulasies, om die Covid-19-voorkomingsmaatreëls in die land te normaliseer.

Steenhuisen het vroeër die week gevra dat die president 'n datum gee vir wanneer die rampstatus sal eindig.

Volgens die president sal die corona-virus-bevelsraad en die kabinet die voorwaardes bepaal om die rampstatus te beeindig.

Ramaphosa voeg by dat wanneer dit nodig is vir die huidige maatreëls om nie meer te bestaan nie sal alle regulasies en opdragte wat onder die rampstatus verklaar is ook verval. - EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters