Verlede maand
SA #Covid19 dodetal nou 5
virus
Vyf mense is al dood aan Covid-19.  ~ Foto ter Illustrasie

SUID-AFRIKA se #Covid19 dodetal staan nou op vyf.

Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagmiddag ook bevestig die aantal positief bevestigde gevalle tot 1353 gestyg het.

Die minister het weer beklemtoon dat die virus nie velkleur ken nie.

"Wat ookal na die 21 dae gebeur, ons moet weet dat ons gedrag moet verander. Die idee van mense wat fake news rondstuur en stories versprei dat die virus nie swart mense affekteer nie.

"Dis nie waar dat die virus nie arm mense affekteer nie. Mense moet ophou in fake news glo en glo in goed wat dit moontlik gaan maak om die infeksies te beheer."

Mkhize voeg by die rate van die increases is nie soos verwag nie. 

"Ons hou die trends dop en verwag tussen 4000 en 5000 gevalle maar ons is nog nie daar nie. 

Covid-19 per provinsie
  • Gauteng: 633
  • Wes-Kaap: 325 
  • KwaZulu-Natal: 179
  • Vrystaat: 74
  • Limpopo: 14
  • Mpumalanga: 12
  • Oos-Kaap: 12
  • Noordwes: 8
  • Noord-Kaap: 6
  • Onbekend: 90


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters