21 dae gelede
Rye grafte lê grimly en gaap

DIE Wes-Kaap is die hele land se virus-bekommernis.

Dis die groot hot spot waar gevalle die hoogste is.

Feitlik die helfte van die hele land se sterftes is in die Wes-Kaap.

Zahid Badroodien, die Stad Kaapstad se mayco-lid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, sê die geprojekteerde Covid-19-sterftes is tans tussen 5 000 en 10 000 soos die peak nader kom.

Maar wat beteken dit vir die land, en spesifiek die Wes-Kaap, wat gereedheid vir baie begrafnisse betref as dit dié punt bereik?

Die minister van gesondheid Zweli Mkhize, het verlede maand reeds gemaan dat metropole en distriksmunisipaliteite seker moet maak hulle identifiseer gebiede vir baie grafte en begrafnisse, indien nodig.

Aanbeveel

Die regulasies sluit in dat metro’s en plaaslike munisipaliteite voorsiening moet tref vir begrafnisse of verassings van Covid-19-sterfgevalle in goedgekeurde begraafplase.

Mkhize het gesê verassing word sterk aanbeveel, maar dit bly families se keuse.

Kragtens die regulasies rondom sterftes en begrafnisse van Covid-19-gevalle mag die regering ingryp as die oorskot nie binne twee dae opgeëis word nie.

Mkhize het gesê: “As dit blyk dat die sterftesyfer die kapasiteit van beskikbare ruimte oorskry om oorledenes se oorskot te akkommodeer, kan die regering ingryp om massabegrafnisse te fasiliteer.”

Badroodien het gister gesê: “Ons begin na die piek beweeg en ons voorsien twee probleme: Meer mense wat besmet word en meer sterftes.”

Dit was in die Maitland-begraafplaas en die rye grafte wat soos oop wonde van verdriet gereed lê, het lang skaduwees in die laatmiddag-son gegooi.

Badroodien sê juis dié begraafplaas is geïdentifiseer as een wat meer Covid-19-oorledenes kan akkommodeer.

Hy sê: “Dis ’n begraafplaas waar ons massa-begrafnisse kan akkommodeer indien nodig. Die Stad bly in dié stadium egter nog voor.”

Badroodien sê die Stad het besluit om individuele grafte te grou omdat hulle die waardigheid van elke sterfgeval respekteer.

Hy benadruk: “ ’n Massagraf is nie wat ons wil doen nie. Dis onsensitief en respekteer nie waardigheid van mense nie.

“Om dit te verhoed, maak ons seker al ons begraafplase – 40 van hulle – kan Covid-19 burials hanteer.

“Soos ons in die peak van Covid-19 inbeweeg, sal ons sien dat ons selfs 5 000 sterftes in ’n week moet hanteer en ’n mens moet voorbereid wees daarop, maar ons hoop dit kom nooit daarby uit nie.

“Die Stad grou ook grafte in die Atlantis-begraafplaas sodat daar nie ’n agterstand kom nie.”

Badroodien raai families aan om begrafnisse eerder in die week as op Saterdae te hou.

Dis net sodat hulle by die regulasie van ’n begrafnis twee dae ná sterfte kan hou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters