2 maande gelede
"Report die wie lockdown reëls oortree"
corona,covid19
'N beroep word op inwoners gedoen om nie fake boodskap te versprei nie.  ~ Verskaf

DAAR is nou 310 positief bevestigde voorvalle van corona-virus in die Wes-Kaap met 14 persone wie in die hospitaal opgeneem is, van wie drie in die hoë-sorgeenheid is.

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, het die aankondiging in ‘n verklaring gemaak waar hy noem dat daar ook nou sub-distrik inligting in die provinsie bekend gemaak sal word.

“Elk van die gevalle, van Khayelitsha en Mitchells Plain to Mosselbaai is ‘n bron van kommer vir die regering.

“Ons reaksie-spanne beskou die ontwikkeling van gevalle in informele areas as dringend en ernstig en volg elke kontak op om isolasie te verseker.”

Daar is ook kennis geneem van 'n arrestasie van 'n man vir die verspreiding van fake news.

Winde sê: “Fake news is gevaarlik. Dit skep vrees, paniek en onsekerheid. Die verspreiding van fake news is ‘n oortreding.

“Stories dat jy ‘n vorm moet voltooi om na die winkel te gaan is ook fake.” 

310 #Covid19 positief gevalle in die Wes-Kaap teen 12:00 op 29 Maart 2020

Per distrik:  

  • • Stad KaapstadL 256
  • • Tuinroete: 21
  • • Kaapse Wynland: 17
  • • Overberg: 7

Per subdistrik: 

  • • Metro subdistrikte: 
  • • Westelike-distrik: 106
  • • Suidelike-distrik: 98
  • • Noordelike-distrik: 16
  • • Tygerberg: 15
  • • Oostelike-distrik: 10
  • • Klipfontein: 5
  • • Mitchells Plain: 5
  • • Khayelitsha: 1

Munisipale-distrike:

  • • Bitou: 9
  • • Stellenbosch: 8
  • • Drakenstein: 6
  • • George: 6
  • • Overstrand: 5
  • • Breedevallei: 3
  • • Hessequa: 3
  • • Mosselbaaie: 3
  • • Swellendam: 1
  • • Theewaterskloof: 1

Onbekend: 9 [van wie inligting nog uitstaande is of bevestig moet word] 

Winde noem dat die stats demonstreet waarom dit so belangrik is om die lockdown regulasies te gehoorsaam.

“As ons die verspreiding kan keer moet ons by die huis bly, in ons juise met beperkte kontak met ander mense.”

Winde voeg by: “Ons doen ‘n beroep op die publiek om die virus nie te stigmatise nie. Niemand is immuun nie.”

Intussen sê Nomafrench Mbombo, provinsiale minister van gesondheid: “Om ‘n masker en gloves te dra wanneer jy na die winkel of apteek gaan is ineffective, onnodig en sal jou nie teen die virus beskerm nie.

“Dit versprei eintlik die virus vinniger.”

Winde het ook ‘n beroep op die publiek gedoen om voorvalle waar lockdown reëls oortree word by die plaaslike polisie of ander wetstoepassingsagentskappe aan te meld, of bel 10111.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters