Verlede maand
Registrasie vir tweede fase nou oop
Mense van 60 jaar en ouer asook mense bo 18 met bestaande siektetoestande kan nou registreer.  ~ Foto ter illustrasie: Gallo iStock

SUID-AFRIKANERS van 60 jaar en ouer kan nou aanlyn registreer om tydens die tweede fase van die land se uitrolprogram ingeënt te word.

Die Electronic Vaccination Data System (EVDS), wat voorheen net beperk was tot gesondheidswerkers, is nou oopgemaak vir die land se bejaarde bevolking.

Mense onder 60 met bestaande siektetoestande mag ook registreer.

Die land het tydens fase-1 minder as 300 000 gesondheidswerkers uit 'n beplande 1,2 miljoen mense ingeënt. Hulle beplan egter om tydens fase-2 16,6 miljoen mense in te ent.

Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagoggend Suid-Afrikaners van 60 jaar en ouer aangemoedig om te registreer.

Mense wat probleme ervaar tydens die registrasieproses, moet die Covid-19-blitslyn by 0800 029 999 bel. - Business Insider South Africa

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters