Verlede maand
'Regering kort plan' vir Durban-hawe
hawe, transnet, kaapstad
Probleme by die hawe in Durban kan lei tot voedseltekort .  ~ Argief

DIE Durbanse hawe in KwaZulu-Natal het min ruimte om houers te stoor en te min kragpunte om houers te verkoel, wat tot groot voedselvermorsing kan lei as dit nie dringend opgelos word nie. 

Luidens ’n verklaring deur die Suid-Afrikaanse Vleisverwerkingsvereniging (Sampa) en die Suid-Afrikaanse Vereniging van Vleisinvoerders en -uitvoerders (Amie SA), is daar tans 290 temperatuurbeheerde “reefer”-houers wat dringend verkoeling benodig.

Meer houers is onderweg na die Durbanse hawe vanaf internasionale markte. 

Volgens Sampa en Amie SA het die onlangse onluste en plundering die belangrikste infrastruktuur vir koelopberging in die provinsie ernstig beïnvloed. 

Dit is vererger deur die onlangse kuberaanval op Transnet se IT-stelsels, wat sy werksaamhede beïnvloed en tot groot agterstande in uitvoer en invoer by die hawe gelei het. 

Die verenigings sê noudat die Durbanse hawe sy bedrywighede hervat het, is ’n dringende plan van optrede deur die regering nodig.

Dit moet verseker dat ingevoerde houers met bederfbare voedsel  word na binnelandse verkoelingsgeriewe herlei word. - Algoa FM 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters