6 dae gelede
Rapper skryf nuwe Covid song
INSPIRASIE: Chevandre Jantjies wil ander met sy song inspireer.  ~ Bryan Goliath

SY HART is in rapmusiek en hy gebruik dit om alledaagse kwessies aan te spreek.

Daarom het Chevandre Jantjies (26) ’n rap song oor die corona-virus geskryf.

In “Kry Jou Sanitiser” sê die jong man mense moenie die virus vir ’n joke vat nie.

Hy rap dat ’n masker en sanitiser baie belangrik is en oor hoe die ekonomie nadelig beïnvloed word.

Jantjies, van Booysen Park, rap al van 10-jarige ouderdom af. Op 14 het hy sy eerste song produce.

“Ek wil graag jong rappers touwys maak. In 2012 het ek my eie recording label, 13 Records, begin.

Ondersteuning

“Tot op hede het ek baie liedjies uitgereik.

“Daar is baie talentvolle outjies hier buite, maar hulle het nie die nodige ondersteuning nie.

“My rolmodelle is Junant in die plaaslike rap-bedryf en internasionaal is dit Eminem.”

Volgens Jantjies het sy pa, Freddie, hom baie positief beïnvloed in sy lewe.

Hy sê sy pa het hom altyd aangemoedig om deur middel­ van rap ’n storie te vertel.

“Ek wil graag die mense van die metro vra om meer versigtig te wees. Die corona-virus maak dood.

“Ons almal moet saamwerk en hierdie virus saam beveg.

“Dinge is nie nou normaal nie, maar ons kan net hoop vir die beste.

“Ek wil alle jong rappers daar buite aanmoedig om te strewe om goeie boodskappe uit te dra.

“Daar is ’n plek vir ons almal onder die son en jy kan ver kom met rap.

“In die meantime moet almal net bedagsaam wees sodat ons deur dié periode kan kom,” sê Jantjies.

Die track sal van Woensdag af op YouTube wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters