16 dae gelede
#KYK Ramaphosa spreek land vanaand toe
VIRUS
President Cyril Ramaphosa. (Photo: Siyabulela Duda/GCIS)  ~ 

SUID-AFRIKA sal Donderdagaand weet of daar enige veranderinge aan lockdown-regulasies sal wees of nie.

Pres. Cyril Ramaphosa spreek die volk Donderdag omstreeks 20:00 toe.

Die toespraak volg na vergaderings van die nasionale corona-virusbevelsraad, die presidensiële koördineringsraad en die kabinet.

Luidens News24 beplan die regering om die inperking na vlak-1 te verslap.

Dit beteken dat die aantal mense wat byeenkomste mag bywoon nou verhoog kan word.

Bronne sê aan dié nuuswerbwerf die plan om getalle by byeenkomste te vermeerder, is duidelik 'n skuif om politieke partye tegemoet te kom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters