Verlede maand
KYK: Ramaphosa praat met die land
President Cyril Ramaphosa
President Cyril Ramaphosa delivers his June 2019 State of the Nation Address (Jaco Marais, Netwerk24)  ~ 

DAAR is groot verwagtinge dat van die lockdown regulasies weens die corona-virus Sondag verlig sal word.

Pres. Cyril Ramaphosa spreek die land Sondagaand omstreeks 20:30 weer toe.

Die toespraak deur die president kom na vergaderings vroeer die dag van onder meer die corona-virus-bevelsraad en die kabinet.

Die toespraak is sowat 'n maand nadat strenger regulasies onder vlak-4 toegepas is. Dit was toe Suid-Afrika aan die begin van die derde vlaag was. 

Die aanvananklike strenger regulasies en vlak-4 was net vir twee weke. 

Ramaphosa het egter twee Sondae gelede die land weer toegespreek en die regulasies toe met nog twee weke verleng.

CityPress berig dat met die infeksie-syfer wat die afgelope paar dae afwaarts beweeg het, kan beteken sommige streng maatreëls gelig kan word.

Intussen het die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, Saterdag genoem dat skole gereed is om Maandag te heropen. Alles afhangend die kabinet se goedkeuring en die president se aankondiging Sondag.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters