17 dae gelede
#KYK Ramaphosa praat met die land
PRETORIA, SOUTH AFRICA ? AUGUST 14: Deputy Preside
Pres. Cyril Ramaphosa  ~ Gallo Images

PRES. Cyril Ramaphosa spreek vanaand om 19:30 die land toe oor die nuutste verwikkelinge rondom Covid-19.

Die toespraak volg op vergaderings van die nasionale bevelsraad, die presidensiële koördineringsraad en die kabinet.

"Terwyl Suid-Afrika met sy Covid-19-entstofprogram besig is, monitor regering- en maatskaplike vennote deurlopend die koers van infeksies, behandeling en die herstel van pasiënte sowel as die voldoening aan gesondheidsregulasies en ander voorkomingsmaatreëls," lui 'n verklaring van die presidensie. 

Die moontlikheid bestaan dat Ramaphosa verskeie beperkings kan aankondig. Kenners het die afgelope ruk vir voorkomingsmaatreëls gevra om 'n derde vlaag te voorkom.

Die toespraak sou aanvanklik om 19:00 gelewer word, maar is later verskuif om SABC-kykers toe te laat om die veteraan-nuusleser Noxolo Grootboom se laaste bulletin te sien. Grootboom tree na 37 jaar af.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters