Verlede maand
Rage-feeste eis nou bewyse van inenting
Vir access na Rage moet partytjie gangers ingeent wees  ~  Foto ter illustrasie:Kgosi Motsepe/Kick Push Phot

DIEGENE wat beplan om vanjaar se Rage after parties by te woon sal moet seker maak hulle is ingeënt.

Organiseerders van die Plettenbergbaai- en Ballito Rage-feeste het Woensdag bekendgemaak dat partytjiegangers vanjaar ten volle ingeënt sal moet wees, om te kan bywoon.

En net om seker te maak niemand glip in nie sal partytjiegangers 'n negatiewe Covid-19 toets ook by die ingang moet wys.

EWN berig dat partytjiegangers selfs weer getoets gaan word voor toegang tot van die venues verkry kan word.

Verlede Desember was die Ballito Rage-fees in KwaZulu-Natal as superspreader identifiseer, nadat meer as 'n duisende mense positief vir die corona-virus getoets het.

Ronen Klugman, 'n feesorganiseerder, sê dit sal nie weer gebeur nie.

"Ons leer by wat in Europa, Brittanje en VSA gebeur, waar sportstadions en feeste vol mense is. Dit is almal volwassenes wie ingeënt is." 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters