6 dae gelede
Raadslid reik uit na gryses
NODIG: Felicity Godfrey (65) van Apricot Place in Bonteheuwel is dankbaar vir die geskenkpakkie wat sy ontvang het.  ~ Jonathan Lestrade

BESKERM tog ons bejaardes!

Dit was gister die noodkreet van die senior burgers van die Apricot Place Old Age Home in Bonteheuwel.

Angus McKenzie, wyksraadslid van Bonteheuwel, het gister geskenkpakkies aan die bejaardes uitgedeel om hulle teen die corona-virus te beskerm.

Dié geskenkpakkies bevat handeroom, ’n tandeborsel en tandepasta, ’n waslap, roll-on, seep, masker en ’n botteltjie hand sanitiser.

Die senior burgers was baie dankbaar vir die geskenkpakkie en sê dit kan hulle lewe help red.

Een van die bejaardes, Fariefa Essop (77), sê: “Ek is baie bang. Ek weet nie regtig wat om te doen of wat aangaan nie.

“Ek sien maar op die TV en luister op die radio.

“Ek’s baie bly vir die raadslid wat ons inlig en raad gee om gesond te bly.”

Nóg ’n bejaarde tannie, Julaiga Pietersen (82), sê: “Ek bly maar in my kamer en hou myself veilig.

“Ek was vyf keer ’n dag my hande en is bly oor die pakkie met die masker en handreiniger.”

PARAAT: Julaiga Pietersen (82) van die Apricot Place Old Age Home in Bonteheuwel verkies om in haar huis te bly waar sy veilig is.

Felicity Godfrey (65) sê: “Dit is God wat met ons praat.

“Ons moet gereed maak vir sy koms.

“Dis baie behulpsaam van die raadslid om aan ons oumense te dink, want som­mige van ons het nie families nie.

“Ons is baie vatbaar vir die virus oor ons al oud is.

“Ek sonder my af en vermy besoekers.”

Rdl. McKenzie sê meer as 60% van die inwoners in Bonteheuwel is ouer as 60 jaar. Hulle vorm die hoeksteen van die gemeenskap.

McKenzie voeg by: “Baie van die oumense kan nie bekostig om vir hulle maskers en ’n handreiniger te koop nie.

Behels

“Hulle is baie broos en vatbaar vir die virus, en daarom moet ons hulle help.

“Dit is baie belangrik om die oumense te help en te verduidelik wat die corona-virus en lockdown behels.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters