21 dae gelede
Provinsie ‘het geen entstof gekry en nog nie geld eenkant gesit’
entstof
Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, bevestig egter daar is nog geen budget opsygesit vir die verkryging van die Wes-Kaap se eie entstof nie.  ~ iStock

DIE Wes-Kaapse regering het nog geen Covid-19-entstowwe verkry nie.

Dis nou ten spyte van die premier, Alan Winde, se herhaalde beloftes dat die provinsiale regering nie handjies gevou sal sit en wag dat die nasionale regering vaccines probeer kry nie.

Winde het vroeër gesê die reguleerder SA Health Products Authority (Saphra) moet die vaccine goedkeur wat die provinsie sou verkry het.

Son het vroeër vandeesweek berig die Wes-Kaapse minister van gesondheid, dr. Nomafrench Mbombo,  het ontken dat die provinsiale regering ooit gesê het hy sal sy eie entstowwe verkry.

Dít het gekom nadat die nasionale minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, gesê het die AstraZeneca-entstof wat aan die land gelewer is, is nie effektief genoeg teen die nuwe weergawe van die coronavirus nie.

Volgens Mbombo is die Wes-Kaapse regering se benadering tot die verkryging van vaccines om die nasionale regering se entstofprogram aan te vul.

“Ons het ’n gebeurlikheidsplan,” het Mbombo vroeër vandeesweek gesê.

Son het Donderdag tydens Winde se weeklikse virtuele perskonferensie duidelikheid gesoek oor die presiese rol wat sy regering tot dusver gespeel het en watter rol hy beplan om te speel in die verkryging van sy eie vaccines.

Winde kon egter nie die nuutste details verskaf nie, want volgens hom het sy verkrygingspan nog nie vir hom die inligting gegee nie.

Winde bevestig egter daar is nog geen budget opsygesit vir die verkryging van die Wes-Kaap se eie entstof nie.

Hy sê: “Ons het nog niks verkry nie. Sondag was ’n terugslag, want ek het verneem die fokus sou op AstraZeneca (entstof) wees.

“Tot dusver het ons nog geen AstraZeneca verkry nie. Dit was die enigste produk wat Saphra goedgekeur het.

“Ons span sal steeds kontak maak met die vervaardigers, maar dié keer wil ons weet hoe doeltreffend die produk is teen die nuwe weergawe van die coronavirus.”

Die Wes-Kaapse gesondheidshoof, dr. Keith Cloete, sê dis nog vroeg om te sê of daar ’n derde wave sal wees, maar as dit gebeur, sal dit na verwagting in die wintermaande plaasvind.

Nog navorsing en ondersoeke moet gedoen word om te bevestig of die land ’n derde wave gaan ervaar en of nog ’n weergawe van die corona-virus gaan voorkom. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters