Verlede maand
Protokol kan soms nog lol
GEVAAR: Kinders toon dalk nie simptome nie, maar hulle kan steeds Covid-19 dra.  ~ Foto ter illustrasie: Jonathan Lestrade

ONNIES begin die druk voel – al begin die nuwe akademiese jaar eers oor meer as twee weke.

Vrees en onsekerheid heers onder talle in onderwyskringe.

Teen einde Desember was 73 personeellede van die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) reeds aan Covid-19 oorlede.

Van hulle was 56 onderwysers. Talle ander is ook positief getoets en sommige is in hospitale opgeneem.

Een onderwyseres met wie Son gepraat het, vertel: “Ek het my fair share van die virus gehad nadat ek in aanraking was met ’n kollega wat positief getoets is.

“Behalwe dat jy worry of jy die virus gaan kry, is daar ook die druk van verslae en vraestelle. Dan kom die departement en plaas nóg druk en verwag alles moet betyds voltooi wees.”

Die juffrou sê die veiligheidsmaatreëls by skole is ook nie 100% nie. “As onderwyser sit jy met 20 kinders in ’n klas.

“Ja, kinders word nie regtig siek nie, maar hulle kan wel draers van Covid-19 wees. Jy as onderwyser gaan nie weet as die kind nie simptome toon nie.

“Gr. R en 1 is ook nog so jonk en hulle gaan nie vir jou as onderwyser vertel of iemand by die huis Covid-19 nie.”

Nog ’n onderwyseres sê sy weet van kollegas wat positief getoets is en selfs van onderwysers met simptome wat aanhou werk het terwyl hulle op toetsuitslae gewag het.

“Dis weens swak bestuur by van die skole.

“Daar is ’n groter behoefte aan die toepaslike implementering van strenger maatreëls.”

REËLS: Daar is ’n groter behoefte aan die toepaslike implementering van strenger maatreëls, sê ’n juffrou. Foto ter illustrasie: Jonathan Lestrade

Volgens haar is daar ook nog te veel gevalle van grootmense wat nie die protokol volg nie omdat dit nie enforce word nie.

“Wat leerders betref, is ek van mening dat die bestaande protokolle en prosedures voldoende is.”

Sy voeg by dat die beleid vir die onderwysassistent vir haar nutteloos is.

“Hoe meer mense skool toe gaan, hoe groter is die risiko vir almal.

Statistieke

“Ek persoonlik het ’n geval gehad waar ek aan ’n assistent moes verduidelik waarom die dra van ’n masker belangrik is en ook om ’n afstand te hou.

“Die gebrek aan opleiding lei tot ’n groter risiko vir leerders en onderwysers.”

Millicent Merton, die woordvoerder van die WKOD, sê statistieke oor die jongste infeksies onder onderwysers is weens die skoolvakansie nie beskikbaar nie.

“Skole het wel ’n tydelike hersiene onderwysplan in werking gestel om te verseker dat die gesondheids- en veiligheidsmaatreëls in plek is.”

Volgens haar raak dit die getal dae waarop ’n leerder skool bywoon.

Intussen sê Merton die merk van matriekvraestelle vorder goed. Nasieners het Maandag daarmee begin.

“Daar is streng maatreëls in plek.

“Sou daar ’n positiewe geval wees, sal dit na gelang van die maatreëls bestuur word.”

Foto’s

Son verneem intussen dat die matriekvraelstelnasieners ontbied is na ’n meeting waar hulle aangesê is om nie met die media te praat nie. Hulle mag ook geen social media posts maak of foto’s neem nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters