3 dae gelede
Prins Charles toets ook positief
Prince Charles
Prins Charles  ~ Getty Images

PRINS Charles het hom by 'n lys bekendes aangesluit wat positief getoets het vir Covid-19.

Die 71-jarige prins van Wallis se kantoor sê in 'n verklaring hy het sover net matige simptome en werk tans van die huis af. 

Charles is Koningin Elizabeth II se oudste seun en regmatige opvolger tot die troon.

Sy vrou Camilla, die hertogin van Cornwall, het negatief getoets.

"Dit is nie moontlik om vas te stel by wie die Prins die virus opgedoen het nie weens die groot aantal verpligtinge wat hy die afgelope paar weke moes uitvoer," lui die verklaring.

Die Queen sê in 'n verklaring haar gesondheid is nog goed en dat sy op 12 Maart laas vir Charles gesien het.

Charles is nie die enigste royal wat positief getoets het nie. Prins Albert van Monaco het ook laas week bekendgemaak dat hy die virus opgedoen het.  - Channel24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters