24 dae gelede
Prez worry oor derde golf
cyril
Pres. Cyril Ramaphosa  ~ GCIS

PRES. Cyril Ramaphosa sê hy is baie bekommerd oor 'n moontlike derde Covid-19-golf en hy soek maniere om dit te hanteer. Mediese deskundiges meen die derde golf kan in die komende weke landwyd ’n werklikheid word.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê die Vrystaat is die enigste provinsie wat reeds die derde golf beleef, terwyl Gauteng, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Noordwes en die Wes-Kaap ’n voortgesette toename in corona-virus-infeksies toon.

Die Noord-Kaap beleef tans ’n beduidende oplewing in Covid-19-gevalle.

Limpopo en die Oos-Kaap is die enigste twee provinsies waar ’n derde golf nog nie ter sprake is nie.

Pres. Ramaphosa het gepraat nadat hy by Tafelkop in Groblersdal, Limpopo, titelaktes aan swart boere oorhandig het.

"Ons is bekommerd oor die derde golf omdat die getalle toeneem. Dis hoekom ons dit fyn dophou en ons werk baie hard – regtig baie, baie hard – om die entstowwe beskikbaar te maak. Die entstowwe is gereed in Suid-Afrika. In Parys het ons baie sterk aangevoer dat Afrika en ander ontwikkelende ekonomieë toegelaat moet word om ons eie entstowwe te vervaardig. ”

Suid-Afrika het in die afgelope siklus van 24 uur altesaam 3 332 nuwe corona-virus-infeksies aangeteken. Dit bring die algehele infeksiesyfer op 1 628 335 te staan.

Die land het Vrydag ook 151 nuwe Covid-19-sterftes aangeteken. Dit bring die sterfgevalle weens Covid-19 op 55 719 te staan. – SABCnuus

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters