17 dae gelede
Prez praat weer met land
cyril ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa spreek weer die land toe.  ~ Parlement van Suid-Afrika

PRES. CYRIL RAMAPHOSA sal Suid-Afrikaners Sondagaand omstreeks 19:00 weer toespreek.

Die toespraak sal weer oor verwikkelinge met die land se reaksie op die Covid-19-pandemie wees.

Sondagaand se toespraak volg na 'n vergadering Sondag van die presidensiele-koordineringsraad, waar die nege provinsiale premiers ook op dien, en vergaderings van die nasionale corona-virusbeheerraad en kabinet in die week.

Daar word die afgelope paar dae reeds bespiegel dat strenger regulasies, veral wat byeenkomste en die aandklok betref, aangekondig sal word. 

Sowat 'n week gelede het die president kommer uitgespreek oor 'n moontlike derde Covid-19-golf. Mediese deskundiges meen die derde golf kan in die komende weke landwyd 'n werklikheid word.

Verlede Sondag was die Vrystaat volgens die nasionale instituut vir oordraagbare siektes die enigste provinsie wie reeds die derde golf beleef het. Dit terwyl Gauteng, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Noordwes en die Wes-Kaap toenames in die corona-virus-infeksies toon.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters