Verlede maand
President van Icosa nog in ICU

LADISMITH. – Covid-19, wat twee van Kannaland se leiers platgetrek het, het weer mense oor politieke grense heen laat bid.

Magdalena Barry (70), huidige burgemeester van die dorp, gaan haar tweede maand in die hospitaal in George binne.

Volgens Christelle Antha, ’n jare lange vriendin van Barry, is sy uit die waakeenheid. Sy sterk tans aan in ’n gewone saal. Barry is reeds vroeg in Julie toegelaat met Covid-19.

Positief

Fillie Antonie, die dorp se onderburgemeester, het gesê hulle is dankbaar dat Barry goed vorder.

Dawid Kamfer, die provinsiale leier van Icosa, het by navraag oor Jeffrey Donson, Icosa-president en voormalige burgemeester, gesê: “Donson is reeds 12 dae in die ICU nadat hy positief getoets is vir die corona-virus.

“Ek weet die Here hoor ons gebede vir hom.”

Intussen neem Antonie, die onderburgemeester van Kannaland, waar as burgemeester.

Donson se vrou, Abigail, het die gemeenskappe bedank vir die gebede wat vir haar man en gesin opgaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters