2 maande gelede
President praat Sondagaand
pres. cyril ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa praat met die land na 'n naweek van meetings.  ~ DailySun

PRES. CYRIL RAMAPHOSA sal die land Sondagaand weer toespreek.

Die aankondiging is Saterdag gemaak kort na 'n spesiale nasionale corona-virusbevelsraad vergadering.

'n Persverklaring deur die regering lees: "Die vergadering het 'n verslag van wetenskaplikes ontvang oor die voorkoms van die Delta-variant in Suid-Afrika.

"Weens die verwikkelinge vergader die nasionale gesamentlike operasionale en intelligensie-strukture oftewel NatJoins Saterdagmiddag. Hulle sal voorstelle maak vir die land se reaksie op die Delta-variant en die toename in Covid-19-infeksies."

Die nasionale corona-virusbevelsraad het Sondag weer vergader, waarna daar 'n vergadering was van die presidensiële koordineringsraad, wat die premiers van die nege provinsies en burgemeesters van die metro-munisipaliteite en tradisionele leiers sal bywoon.

Hierna sal 'n spesiale kabinetsvergadering plaasvind met die president wat die land Sondag 27 Junie omstreeks 20:00 toespreek, oor die jongste verwikkelinge en enige veranderinge in lockdown-regulasies.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters