10 dae gelede
Pres. toets negatief
President Cyril Ramaphosa.
President Cyril Ramaphosa.  ~ 

PRES. CYRIL RAMAPHOSA het negatief getoets vir Covid-19.

Nonceba Mhlauli, 'n woordvoerder vir die minister in die Presidensie Jackson Mthembu, het hierdie aankondiging op Twitter gemaak.

Sy verduidelik: "Op advies van sy mediese-personeel het pres. Ramaphosa die toets as voorsorgmaatreël gedoen."

Die toets is Dinsdag gedoen en die uitslae gisteraand ontvang.

Mhlauli sê: "As staatshoof en voorsitter van die nasionale beheerraad het die president 'n besige publieke skedule en in die afgelope paar weke het hy talle vergaderings met talle sektore gehad.

"Volgens internasionale riglyne en die van die departement van gesondheid word toetse aanbeveel indien jy simptome ervaar, indien jy woon of onlangs gereis het na 'n plek van Covid-19 of indien jy in kontak was met iemand wie positief getoets het."

Die presidensie sê hulle het dit belangrik geag om die toetsuitslae bekend te maak om die land te verseker dat die president in goeie gesondheid is en met sy pligte voortgaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters