Verlede maand
Pres. hou family meeting
Cyril Ramaphosa
President Cyril Ramaphosa.  ~ GCIS

PRES. CYRIL RAMAPHOSA praat 11 dae voor Kersfees weer met Suid-Afrikaners oor die corona-virus.

Maandag se family meeting is 11dae sedert die laaste een en kom na vergaderings met die corona-virus beheerraad, provinsiale premiers en die kabinet.

Op 3 Desember het die staatshoof gemaan: “Meer mense kan sterf as die nodige stappe nie gedoen word nie.”

Hy het toe ook strenger regulasies vir die Nelson Mandelabaai in die Oos-Kaap aangekondig.

Maandagaand se toespraak kom soos die aantal positiewe gevalle en sterftes weer aan die toeneem is.

Ramaphosa het vroeër hierdie maand genoem: “Baie mense reis tussen provinsies, kulturele en geestelike byeenkomste word ook in groot getalle gehou.

“Baie van dié byeenkomste word ook in plekke met min of geen ventilasie gehou.”

Ramaphosa se toespraak kom ook enkele dae nadat die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, verklaar het die land ervaar 'n tweede golf.

Vroeër hierdie maand het die staatshoof by landsburgers gepleit om 'n masker te dra en regulasies te gehoorsaam.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters