6 dae gelede
Premier: Entstof in WK veilig
ENTSTOF: ’n Gesondheids werker ontvang haar dosis van die Covid-19 vaccine by Mitchells Plein Hospitaal.  ~ Jonathan Lestrade

HOEWEL noodmaatreëls in die Wes-Kaap ingestel is om die veilige berging van entstof te verseker, sê Alan Winde, premier van dié provinsie, sy regering is nogtans teleurgesteld dat ons weer aan beurtkrag blootgestel word.

Son het al in April berig beurtkrag is terug nadat Eskom­ verduidelik het dis weens ’n tekort aan kragopwekking-kapasiteit.

Eskom het gesê die terugkeer van drie opwekkingseenhede is vertraag en drie ander het op die dag getrip.

Volgens die kragreus het die opwekkingseenhede by Tutuka en Kendal getrip, terwyl die Komati-eenheid afgeskakel is. Eskom sê beurtkrag is nodig om die nood­reserwes aan te vul.

Pak

Intussen doen Eskom ’n beroep op burgers om krag spaarsaam te gebruik.

“Beurtkrag het ’n nadelige uitwerking op huishoudings en werkgeleenthede, en ons doen ’n beroep op die nasionale regering om ons beperkings op energievoorsiening baie dringend aan te pak,” sê Winde.

Dr. Keith Cloete, Wes-Kaapse gesondheidhoof, sê hulle het voorberei sodat beurtkrag nie die entstof se lewensduur sal beïnvloed nie.

“Die koelkamer wat ons entstof huisves, word aangedryf deur kragopwekkers. Kleiner persele het draag­bare yskaste om die entstof teen die regte temperatuur te stoor sodat daar geen bederf of vermorsing is nie.”

Cloete sê die inentings-persele moet aan verskeie faktore voldoen, insluitend die vereistes vir ruimte, kapasiteit en koelketting-vereistes. Hulle word dan deur die nasionale regering beoordeel en is geakkrediteer.

Cloete sê beurtkrag het geen langtermyn-uitwerking op entstof-storing nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters