17 dae gelede
Polisie patrolleer die strate
paraat: Selfs die ambulansdienste steek in full force uit om die regering se nuwe vlak 3-maatreëls ’n bietjie te polisieer.Foto’s: BASIL DAVIDS  ~ 

ROBERTSON. – Pres. Cyril Ramaphosa se woorde was skaars koud, toe slaan plaaslike cops al toe op die “maskerloses” in die gemeenskap.

Die cops het gister­oggend geen drama gevat van inwoners wat sonder maskers in die strate rondbeweeg nie.

Dit kom nadat die land weer op level 3 van die inperking geplaas is. Daar is egter mense wat steeds nie gehoor wil gee nie.

Son het op twee laities afgekom wat met twee kratte bier geloop het.

Een klonkie het wel ’n masker gedra, maar dit het onder sy ken gehang, terwyl sy tjommie geen masker gedra het nie.

Vrees

Daar was ’n ouer persoon wat ook sonder ’n masker in die pad geloop het.

Cops, wetstoepassingseenhede, die local brandweer en sekuriteitsmaatskappye het die strate met loeiende sirenes gepatrolleer.

Hulle het by baie mense stilgehou om vir hulle te sê om hul maskers onmiddellik oor die neus en mond te sit.

Kinders het van die cops weggehol uit vrees dat hulle sonder maskers in hegtenis geneem gaan word.

’n Antie wat haarself net as Katrina geïdentifiseer het, sê sy is bly dat die land nou weer ingeperk is.

“Ek sou bitter graag wou hê ons moet weer na level 5 beweeg, dan sal daar minder sterftes wees,” het Katrina ernstig gesê.

Die manne in blou gaan nog elke dag die strate patrolleer om te sorg dat almal by die reëls hou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters