28 dae gelede
Pel se gospel songs help egpaar herstel
genees: Gregory Abrahams en sy vrou, Cheryl, voel weer perdfris. FOTO VERSKAF  ~ 

“TOE ek hoor ek en my vrou is positief getoets vir Covid-19, was ons bang... vreesbevange.”

Só sê die bekende gospelsanger Gregory Abrahams.

Maar Abrahams voel dit was die nuwe gospel songs van sy goeie vriend en bekende kitaar-ghoeroe Allou April wat volkome genesing vir hom en sy vrou gebring het.

Gregory en sy vrou, Cheryl, is vroeg in Mei positief getoets.

“Toe die vrees oor my kom, het die stem van die Here tot my gespreek en gesê ons moenie die gees van vrees hê nie, maar die gees van vrede en hoop.

“En terwyl ek een oggend wakker skrik met ’n liggaam vol pyn, stuur my vriend Allou vir my twee van sy nuwe gospel songs, ‘God Is Your Strengthen ‘We Bow Before You’.

Terugkeer

“Terwyl ek en my vrou daarna luister, voel ons die teenwoordigheid van die Here aan en daar kom toe so ’n warmte oor ons.

“Ons albei voel hoe ons kragte terugkeer en daar sit ons toe en sing die koortjies saam.”

Volgens Gregory het die gesondheidsdepartement hulle gereeld geskakel om hulle te monitor en was ook bereid om hulle twee op te neem in een van sy fasiliteite.

Hulle het egter verkies om liewer by die huis aan te sterk.

Gregory en sy vrou se 14-jarige kleinkind woon saam met in die huis, maar hy is negatief getoets.

“Ek wil net almal bemoedig wat positief is. Dit is nié die einde nie. Daar is hoop en krag in die naam van die Here!” sê Gregory.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters