2 maande gelede
Pastoor (85) was derde slagoffer
'n Pastoor van Vrystaat was die derde persoon in die land om van Covid-19 te sterf.  ~ cnn.com

DIE derde mens in Suid-Afrika om weens Covid-19 te sterf, was 'n bejaarde pastoor. .

John Hlangeni (85) is Maandag in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein dood.

Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdag tydens 'n perskonferensie gesê die aantal sterftes weens Covid-19 staan nou op 5.

Hlangeni het die virus tydens 'n kerkbyeenkoms in Bloemfontein opgedoen. Vyf gaste van oorsee ,wat positief getoets het vir Covid-19, het die byeenkoms as Hlangeni bygewoon.

Sedertien het Kenneth Meshoe, leier van die ACDP, en die bekende pastoor, Angus Buchan, wat ook daar was, ook die virus opgedoen.

Montseng Tsiu, LUR van gesondheid in Vrystaat, het sy medelye met Hlangeni se familie gedeel. - News24
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters