Verlede maand
Pasiënte kry posh pozzie
VYF STERRE: Dié herberg is as kwarantyngebied in die Overberg beskikbaar gestel.  ~ Peter Abrahams

AS JY in die Overberg-streek woon en weens Covid-19 in afsondering geplaas moet word, kan jy dit nou in die gemak van ’n vyfsterhotel doen.

Die bestuurder van die Houw Hoek Hotel buite Grabouw het dit beskikbaar gestel om pasiënte vir 14 dae te huisves. Hulle sal ’n snoesige bed en drie etes ontvang.

John Michels, voorsitter van die Grabouw Civic Association, verwelkom die stap.

Benodig

Hy sê dis ’n goeie ding vir die Overberg-streek.

Volgens Michels lewe baie van die mense in Grabouw se informele nedersettings in haglike omstandighede.

Hulle kan hulle dus nie afsonder nie.

“Hierdie soort inisiatief is wat ons in ons gemeenskappe benodig.

“Dis nou die tyd om saam te staan en mekaar aan die hand te vat,” sê Michels.

“As ons nie mekaar kan ondersteun nie, gaan ons nie hierdie pandemie oorwin nie.

“Ons is baie bly oor die partnership wat die departement van gesondheid en die eienaar van die hotel aangegaan het,” sê hy trots.

Roché Butler is ’n woordvoerder van die departement van gesondheid.

Sy sê gesondheidswerkers monitor daagliks alle pa­siënte in kwarantyn- en isolasiefasiliteite oor die Overberg-streek heen.

Butler verduidelik: “Dis om te verseker dat hul toestand nie agteruitgaan nie.

“Sou hul toestand agteruitgaan en hulle mediese hulp benodig, sal hulle met die mediese nooddienste na die naaste gesondheidsfasiliteit vervoer word.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters