Verlede maand
Pasiënt terug na sy tuisdorp
Johnny Lewis  ~ 

DIE gemoedere het bedaar in die Oos-Kaapse dorp Jansenville nadat die Covid-19-pasiënt wat dié week in die dorp in die Sawas-hospitaal opgeneem is, teruggestuur is na Aberdeen.

Son het gister berig die Jansenville-gemeenskap het in opstand gekom toe hulle verneem ’n Covid-19-pasiënt is vanaf Aberdeen op pad na dié dorp en is eindelik daar in die hospitaal opgeneem.

Raadslid Abraham Arries sê die pasiënt is Dinsdag 19:00 terug Aberdeen toe nadat die optog oor sy teenwoordigheid in die hospitaal erger geword het.

Nalatige

Johnny Lewis, sekretaris van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, sê hoewel hulle verneem het die hospitaal is ontsmet, is die gemeenskap nou bekommerd dat daar dalk ’n “kiem” agtergebly het.

Volgens hom wil die gemeenskap nie hê die virus moet die dorp op nalatige wyse binnekom nie.

Brig. Vish Naidoo, provinsiale polisiewoordvoerder, het gister kommentaar ge­lewer oor die oproerigheid by die hospitaal vroeër dié week.

Naidoo sê die polisie kan bevestig die cops en weermaglede is by die hospitaal ontplooi om die situasie buite die gebou dop te hou.

Volgens hom kom dit nadat ’n groep lede van die gemeenskap Maandagaand voor die hospitaal saamgedrom het.

Hulle het gesê hulle gaan die next dag terugkom om daarop aan te dring dat die CEO van die hospitaal hulle toespreek.

Volgens Naidoo is ses verdagtes van 20 tot 45 jaar oud tot dusver in hegtenis geneem op klagte wat verband hou met die verontagsaming van die Rampbestuurswet (onwettige saamtrek).

Naidoo sê ook die polisie weet nie of die SAPD-lede die CEO uit die hospitaal begelei het nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters