14 dae gelede
Pandemie: Gelowiges trek saam om te bid
EEN IN GEBED: Dysselsdorp se inwoners bid gedurende ’n byeenkoms teen die gevreesde virus.  ~ Keith Meyer

ONDER die bekende Psalm 23 en die frase Immanuel (“God met ons”, Matt. 1:23) het die Suid-Kaap ook die wekroep om gebed teen die pandemie gehoorsaam.

In Ladismith is daar Sondag vroegoggend agter die Alan Blyth-hospitaal saamgetrek en intensief gebid teen die aanslag van die Covid-19-pandemie.

Teen 15:00 is die strate van Nissenville met gebed gevul.

Suster Hanlie Quantiney het in Goldinglaan die musiek en leiding verskaf.

Krag

Uit Dysselsdorp het Anthony Ewerts, voormalige raadslid en kerkraadslid van die AGS, die gees beskryf as eensgesind en gesê ’n mens kon dit aanvoel terwyl ge­bede die Karoo-lug soos vuurpyle geklief het.

In Calitzdorp het Georgie Booysen om 15:00 die leiding geneem. In die strate van Bergsig en Royal Heights is gebid en saam gesing.

“Dit was ’n geseënde uur. Waar gebid word, is krag.

“Die lied ‘He Touched Me’ het harte en siele geroer,” het Booysen laat weet.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters