13 dae gelede
Owerhede ’werk aan plan’
Alan Winde, Wes-Kaapse premier.  ~ Jonathan Lestrade

DIE Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê hy is “baie bekommerd” oor wat by die Sassa-kantore gebeur.

“Dis iets wat nou al ’n paar dae aankom,” voeg hy by. “Ek weet (die Wes-Kaapse minister van maatskap­like dienste) Sharna Fernan­dez is van dag 1 al op die case.

“Sy het in gesprek getree met die nasionale regering. Ons het dit weer (gister) op kabinetsvlak bespreek.

“Ons het byna ’n ultimatum gegee dat ons moet weet wat die nasionale minister van maatskaplike dienste (Lindiwe Zulu) van plan is om te doen.

Deurbring

“Ons was (gister) in besprekings met wetstoepassing om te sê ons benodig asseblief hulp.

“Ek het self inligting gekry dat daar mense is wat die nag by die kantore deurbring, ondanks die curfew, net sodat hulle eerste in die ry kan wees.

“Dit is heeltemal onaanvaarbaar.

“Daar is twee groot probleme: Die een is hierdie debakel hou kos van mense se tafel af en gevolglik is hulle desperaat.

“Die tweede ding is dit raak nou ’n superspreading event. Daarom is ek baie bekommerd.”

Winde sê ook hy’t vroeër vandeesweek hierdie probleem onder die aandag van pres. Cyril Ramaphosa gebring.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters