4 maande gelede
‘Ouers moet hul deel doen’
’ N GEMORS: Die WKOD vra almal om uit te kyk vir hulle skole om vandalisme te verhoed.  ~ Foto ter illustrasie: SON

DIE Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) het met die Nasionale Departement van Basiese Onderwys geskakel oor die lockdown se uitwerking op skole.

Tans is die datums vir die heropening van skole nog onduidelik. Dit beteken egter nie dat onderwys nie sal voortgaan nie.

Brian Schreuder van die WKOD sê miljoene kinders gaan onder lockdown wees.

Dis elke ouer se plig om hulle deel te doen sodat leerders gefokus bly en gestimuleer word.

Hy sê daar is baie skool­vakansieprogramme en leergeleenthede wat onderwysers aan ouers van verskillende skole deurgee.

Die WKOD is in gesprek met kollegas en ander provinsies om programme te kry wat leerders in die provinsie sal bevoordeel.

Die timetables en inligting oor die programme sal gepubliseer word sodra dit afgehandel is.

Intussen vra hy dat alle ouers hulle kinders moet aanmoedig om te lees.

Aangepas

Die departement berei hom voor vir home-based onderwys wat digitale web-based-programme, radio- en TV-uitsendings en catch-up-programme insluit vir wanneer die skole heropen.

Die departement het reeds sy ePortal aangepas vir home learning en raai ouers en leerders aan om die site wcedeportal.co.za te besoek.

Daar is talle eksamenvraestelle vir verskillende grade beskikbaar wat jy kan download by hwcedon­line.westerncape.gov.za/exam-papers.

Hy raai ouers aan om steeds skoolgeld te betaal sodat onderwysers betaal kan word.

Schreuder sê hulle weet dat baie gesinne inkomste verloor en dat daar ’n opsie is om skole te vra vir uitstel van betaling.

Die departement het ook sekuriteit vir 450 skole regoor die provinsie gereël omdat vandalisme een van die Wes-Kaap se grootste kop­sere is.

Hy vra ook dat skole seker maak dat alarms werk en sekerheidstelsels in orde is.

Hy vra dat gemeenskappe hulle skole moet dophou en verdagte gedrag by skole of die polisie aanmeld.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters