21 dae gelede
Oudpremier: Inenting is bloot kleingelowig
STANDPUNT: Peter Marais dra wel ’n masker, maar hy hou dik dat hy nie die Covid-19-inenting gaan vat nie.  ~ Salmon Smith

OOM Peter gloe nie in vaccinate nie.

Peter Marais, oud-Wes-Kaapse premier en deesdae ’n Vryheidsfront Plus-LP, is van mening dat “die wysheid van die mens dwaasheid by God is!”

Marais (78) noem ook sommer prontuit dat hy en sy gesin nie die Covid-19-inenting gaan vat nie.

“Ons het nog nie eens ’n middel gevind wat kanker kan verhoed of genees nie. Dekades lank spandeer ons biljoene hierop.

“En ons het nog nie eens ’n teenmiddel vir MIV/vigs gekry nie.

“Nou hoe kan ons iemand inspuit met ’n vaccine wat hom teen Covid gaan beskerm?

“Die dokters waarop ons so staatmaak om ’n vaccine te maak, sterf dan self aan Covid.

Verpligting

“Daar het al honderde gesterf. Selfs van my eie dokters het al hiervan gesterf,” sê Marais.

Hy sê daar rus ’n verpligting op hom as Christen om die mense te waarsku om nie kleingelowig te wees nie.

“Julle kan die vaccine vat, dis jul vrye keuse, maar gee ook God die kans om sy krag te toon.

“Die Covid kan my nie aanraak nie, want ek glo in God.”

Marais sê hy is nie hier om bemin te word of gewild te wees nie.

“Ek wil net God se wil doen.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters