2 maande gelede
Oppenheimers skenk nog geld
Naspers
Die Oppenheimers het nog geld geskenk om te help in die stryd teen die corona-virus.  ~ Foto Verskaf

DIE mynmagnaat, wyle Harry Oppenheimer, se dogter en kleindogters gaan R1 miljard skenk aan die Solidariteitsfonds om te help in die stryd teen Covid-19.

Mary Oppenheimer het Dinsdag die aankondig gemaak dat sy en haar dogters lank en hard gedink het oor waar hulle die grootste verskil kan maak.

“Ons het besluit om die humanitêre behoeftes, van almal wat in Suid-Afrika woon, te ondersteun," sê Mary.

“Ons dink dus die Solidariteitsfonds is wat die meeste deur ons bekommernisse oor basiese behoeftes, voedsel, medisyne en algemene versorging en geslagsmisbruik uitgelig word.”

Dié skenking is apart van haar broer Nicky Oppenheimer s'n.

Terselfdetyd het die Motsepe Foundation en Associates sowel as nog 'n ryk familie van Suid Afrika, die Ruperts, ook elk R1 miljard geskenk om klein besighede en werknemers, wat geraak word, deur die coronovirus-pandemie te ondersteun.

Oppenheimer sê verder hulle sluit hulle by alle Suid-Afrikaners aan om hul innige hoop uit te spreek dat hulle saam hierdie ernstige uitdaging vir die land en die wêreld kan oorkom.

“Onder die wyse leiding van pres. Cyril Ramaphosa, volg Suid-Afrikaners die riglyne van die regerings om die verspreiding van Covid-19 te voorkom. Ons besef egter dat totdat ons pandemie verbygaan, ons land geweldige probleme en swaarkry sal ervaar,” se sy.

Oppenheimer voeg by dat hierdie ongekende situasie 'n druk plaas op lewens, maar veral op die land se kwesbare gemeenskappe, Suid-Afrikaners wat selfs in normale tye sukkel om die basiese behoeftes van hul gesinne te voorsien, kos te koop en te betaal vir mediese en ander noodsaaklikhede.

“Ons is dankbaar vir al die ander pogings, klein en groot wat Suid-Afrikaners besig is om te doen om die land deur hierdie moeilike tyd te help,” se Oppenheimer.

Bonop se sy daar is soveel mense te bedank van all dele van die regering en private sektor, wat noodsaaklike diens lewer, en veral die gesondheidsorgwerkers - hospitaal se ondersteuningspersoneel, verpleegkundiges en dokters wat hul lewens waag om almal in die Suid Afrika te beveilig wat die meeste deur covid geraak word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters