16 dae gelede
Onnies vrees vir hul lewe
RED ONS: Onderwysers picket voor die Hoërskool John Ramsay in Bishop Lavis.  ~ Melinda Stuurman

“ONS is almal nervous wrecks.”

Dis die woorde van onnies wat gisteroggend betoog het dat skole moet sluit weens die corona-virus-pandemie.

Onnies van verskeie skole in Athlone het langs Klipfontein-weg naby die Athlone-stadion met posters betoog.

Hulle het die motoriste aangemoedig om te hoot om hul support te gee.

Gasant Marlie, ’n onderwyser van Thornton Road Primary School, sê die Wes-Kaapse Onderwys­departement (WKOD) is “obsessed” met skole oophou.

Hy wil weet: “Teen watse koste moet ons voortgaan om onsself en die leerders aan die gevaar van Covid-19 te expose?

“Op die eerste dag van die skole het ons ’n leerder gehad wat geweier het om haar masker te dra.

“Sy het ons almal in gevaar gestel en ons kon nie die kind wegjaag nie.

“Hoekom moet die skole oopbly terwyl die kinders ook by die huis kan leer?

“Ons is almal nervous wrecks! Wat baat dit ons gaan deur die proses van leer en opvoed, net sodat van ons kan sterf in die proses?”

Nog ’n onnie by dieselfde skool, Mercia Bezuidenhout, sê die land se skole het ook in 1976 gesluit weens die student uprising.

Sy sê: “In 1976 is die skooljaar ook gekanselleer en tóé was daar nie eens ’n siekte nie.

“Noudat daar ’n pandemie regdeur die hele wêreld is, hou die regering vol ons moet voortgaan met die akademiese jaar.

“Die WKOD gee nie om vir ons nie, want sy beamptes werk van die huis af.”

Die Bishop Lavis Action Community (Blac) en die United Democratic Front (UDF) het ook by die Hoërskool John Ramsay betoog.

Hulle eis die skool moet gesluit word, want die toilette is morsig en daar was onlangs ’n onnie en ’n leerder wat positief getoets is vir Covid-19.

Advies

Daar was gister vroeg­oggend in die suidelike voorstede ook betogings oor dieselfde issues.

Debbie Schäfer, die Wes-Kaapse minister van onderwys, sê die minister van basiese onderwys, Angie Mo­tshekga, het besluit om die skole te heropen.

“Dit was gegrond op die advies van kenners,” sê sy.

Schäfer voer verder aan daar is g’n bewyse van massa-besmetting wat by skole voorgekom het sedert die skole heropen het nie.

“Byna 1 500 van ons skole gaan daagliks voort met die essensiële taak van opvoeding sonder enige ontwrigting,” sê Schäfer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters