6 dae gelede
Onnies verdien ook vaccine
NIKS HEPPIE: André de Bruyn sê hulle is nie tevrede daarmee dat net onnies ouer as 40 ingeënt gaan word nie.  ~ Foto Verskaf

DIE Educators Union of South Africa (Eusa) is moerig omdat net onnies bo die ouderdom van 40 in die Wes-Kaap die Covid-19-inentings gaan ontvang.

Die departement van basiese onderwys (DBE) het die onderwysers onlangs hiervan ingelig.

Daar word van die onderwysers verwag om van 17-25 Junie te registreer, sê André de Bruyn, Wes-Kaapse voorsitter van Eusa.

De Bruyn het aan Son gesê dat dié plan die onderwysersunie baie ontevrede maak en die onnies gaan dit nie net so aanvaar nie.

Hy sê hoewel hulle weet dat daar ’n tekort aan Covid-19-entstowwe is, daar glad nie ’n tekort aan ontstekings onder onnies wanneer dit by die gevreesde virus kom nie.

De Bruyn sê: “Eusa doen dus ’n beroep dat alle onderwysers, ongeag hul ouderdom, toegang sal kry om op 17-25 Junie 2021 te registreer.

“Die departement ignoreer natuurlik die gevaar vir die gesondheid en lewe van onderwysers, ondersteuningspersoneel en selfs die leerders.”

Vreemde

De Bruyn sê dis ’n feit dat die land steeds onder lockdown is.

“Die virus reveal homself die heeltyd deur verskillende en vreemde strains wat die beskikbare inentings nie eens kan beheer nie.

“Dit wil voorkom asof dít nie so belangrik is vir die leiers in onderwys nie,” voeg hy by.

“Wat nog te sê van die vele leerders én onderwysers wat reeds hul lewe tydens die pandemie verloor het?

“Onderwysers en ondersteuningspersoneel is aan die frontline.

“Hulle is net so frontline soos dié sektore wie se personeel reeds toegang tot die inentings gegee is.

“Die tekort aan inentings moet nooit die probleem van die werker wees nie. Dit is die verantwoordelikheid van die werkgewer.”

Toe Son die DBE kontak, het ’n woordvoerder, Elijah Mhlanga, gesê die gesondheidsdepartement is die leidende gesag is wat die entstofprogram betref.

Debbie Schäfer, Wes-Kaapse minister van onderwys, sê as dit van hulle afgehang het, sou almal al teen dié tyd ingeënt gewees het.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters