12 dae gelede
Onnies fake glo doktersbriewe
A worker sanitises a classroom at a Johannesburg s
Klaskamers word deesdae gereeld gereining om leerders en onnies veilig te hou.  ~ GCIS

ONNIES in Limpopo is na bewering so bang om op 6 Julie na klaskamers terug te keer, dat hulle selfs fake doktersbriewe inhandig.

Volgens die coronavirus-bevelsraad in die provinsie het onderwysowerhede verskeie vervalste mediese sertifikate ontvang.

Die bevelsraad sê in 'n verklaring dat onderwysowerhede meer as 700 aansoeke gekry het van onnies wat weens komorbiditeite nie wil terugkeer nie. Net 400 van die aansoeke is goedgekeur.

Sover is 14 gevalle van Covid-19 al by skole in Limpopo aangemeld.

Kenny Mathivha, woordvoerder van die premier, Stan Mathabatha, sê die gesondheidsdepartment, met hulp van die polisie, ondersoek tans van die aansoeke.

Die bewering is dat van die dokters en die mediese sertifikate vervals is.

Die onderwysersvakbond, die Professional Educatiors Union (PEU), het die aantygings verwerp.

Mosadi Sekwadi, die PEU se provinsiale sekretaris, sê owerhede probeer onderwysers dwing om dokter-pasiënt-vertroulikheid te breek.

"Wie is hulle om te stry teen wat dokters sê. Laat hulle hul eie dokters bring en die onderwysers ondersoek.

"Hulle kan nie net ander professionele beskuldig van kwaaddoenery nie." - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters