17 dae gelede
Nuwe reëls vir kinders en gesigmaskers
Foto ter illustrasie: Melinda Stuurman  ~ Melinda Stuurman

GEEN kind jonger as twee jaar oud moet verplig word om 'n gesigmasker te dra nie.

Hierdie is een van die nuwe reëls wat Vrydag deur die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, in die staatskoerant vir dagsorgsentrums gepubliseer is.

Kinders van tussen twee en vyf jaar oud moet wel aangemoedig word om 'n gesigmasker te dra.

"Die kind se ouderdom en ontwikkeling moet egter ingedagte gehou word."

Die reëls vir vroeë-kindontwikkeling en na-skoolsorg-sentrums is die teenoorgestelde van wat die wêreldgesondheidsorganisasie aanbeveel.

In hul laaste riglyne oor kinders, van 21 Augustus, noem WHO: "Kinders van vyf jaar en jonger moet in die algemeen nie maskers dra nie.

"Die raad is gebasseer op die veiligheid en in belang van die kind, en die kapasiteit om 'n masker met die minimum ondersteuning reg te gebruik."

WHO noem verder dat waar kinders maskers moet gebruik is wanneer hulle in nabye kontak kom met iemand wie siek is. 

"In gevalle waar 'n kind 'n masker dra moet 'n ouer of voog in direkte sig wees om seker te maak die kind dra die masker reg."

WHO raai selfs volwasse toesig aan vir kinders van tot 12 jaar oud, wanneer dit kom by die opsit en afhaal van maskers.

"Wanneer dit kom by gesigmaskers geld dieselfde reëls wat vir grootmense geld ook vir kinders van 12 jaar en ouer."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters